Peonies & Fudge is ’n inspirasie-groep vir dames, wat met blink oё een keer ’n maand wil saamgesels en dink oor vroue kwessies en relevante vrouwees temas.
Temas wat ons byvoorbeeld al behandel het by die inspirasie sessie is
- Jou konflik toolkissie.
- Emosionele bagasie.
- Stil: Hoe word ‘n dame werklik daagliks stil.
- Hoe werk emosies?
- Welkom in die woestyn (Hoe benader ek uitdagende tye vanuit ‘n Christelike perspektief?)
- Hoe is ek meer assertief in my verhoudings?
- Happy fever: Hoe lyk ware geluk?
- Stories van hoop
- Hoe werk ‘n man se kop?
- Hoe ‘enhance’ ek my ‘self-confidence’?
- Ready, set, Goals
- Active Listening skills
- Is jy ‘n besige bytjie? (Stress-management + burn-out prevention)
- Navigating the mother-daughter relationship
- Elke kwartaal nooi Dr Friedel ‘n gasspreker om ons te bemagtig met vaardighede + kennis oor ‘n spesifieke onderwerp waarin die gasspreker ‘n spesialis is.
- Een keer ‘n jaar is daar ‘n naweek retreat vir alle Peonies + Fudge dames (ook ‘n geleentheid om kollega, ma, suster, of vriendin saam te nooi).
- Daar is 3 groepe wat 1 keer ’n maand bymekaar kom in die Paarl + Bellville. Indien jy belangstel om permanent by een van die groepe in te skakel, kontak Dr.Friedel via epos of via WhatsApp.
- Die koste is 190 pp vir die inspirasie sessie (2 ure).
PEONY FOUNDATION Togethership | Hope | Compassion Die Peonies + Fudge dames is betrokke by verskeie uitreike deur die loop van die jaar – byvoorbeeld skooltjies, diere-organisasies, vroue-projekte en bejaarde bediening. *Indien jy meer informasie oor die Peony Fooundation benodig kontak Dr Friedel gerus. |